Oosthuizen Family Thailand Review
18 Jun 2025 Oosthuizen Family Thailand Review
From: Oosthuizen Family
Sent: 28 August 2024
To: Getaway Africa
Subject: Thailand Review
Hi Annelie
Hoop dit gaan goed aan jou kant.
Net om baie dankie sê vir al jou reelings met ons Thailand vakansie vanaf 12-24 Augustus 2024.
Al die reelings met ons vlugte, vervoer en verblyf was wêreldklas soos altyd.
Ons was die heeltyd op hoogte gehou en het presies geweet wat aangaan. Vervoer (Transfers) was altyd op tyd en professioneel.
Lekker om te weet as jy in ‘n vreemde land kom, dat alles in plek is.
Die Homm Bliss Hotel was eerste klas. Die ligging, netheid, diens, baie vriendelike en hardwerkende personeel was uitstekend.
Ons het heerlik vakansie gehou en sal weer terug gaan Thailand toe.
Groete tot ons volgende vakansie se reelings.
—
Gerhard, Zelda en Lian Oosthuizen